Month: April 2020

Om God Se Wil Te Ken

’n Jong man wat onseker was oor wat die nuwe jaar sou bring, het tot die slotsom gekom dat niemand die wil van God kan ken nie. Is hy reg? Beteken onsekerheid oor die toekoms dat ’n mens nie God se wil kan ken nie? Dikwels kom mense tot die gevolgtrekking dat as hulle nie weet wat ’n spesifieke situasie…

Die Muur Wat Skeiding Maak

Op die 9de November 2010 is die 21ste viering van die val van die Berlynse Muur. Op daardie dag in 1989 is daar op TV van Oos-Berlyn aangekondig dat mense nou vry was om na Wes-Berlyn te gaan. En ’n dag later het Oos-Berlynse stootskrapers begin om die muur wat vir 28 jaar die skeiding gevorm het, om te stoot.…

Die Doel Van God Se Goedheid

Toe ek grootgeword het, het ons dikwels ’n pragtige lied in die Sondagskool gesing. Dit het so gelui: “God is goed vir my! God is goed vir my! Hy hou my hand vas en help my staande te bly! God is baie goed vir my!” Ek moet dadelik bely dat ek glo dat God goed is en dat dit Hom…

Bekommernis Oor Geldsake

Jesus het meer oor geldsake in die Bybel gepraat as oor enige ander saak. Lukas 12 gee vir ons ’n opsomming van sy houding ten opsigte hiervan. Hy veroordeel nie die besit van besittings nie, maar Hy waarsku dringend dat ’n mens nie jou vertroue op finansies moet plaas om jou toekoms te verseker nie. Geld kan nie die probleme…

Pyn En Aanwins

Gedurende ’n oefenkamp in die somer, het die afrigters van die rugbyspanne T-hemde gedra, met die doel om hulle spelers aan te moedig en te motiveer. Op elke T-hemp het die volgende woorde verskyn: “Die pyn van dissipline of die pyn van teleurstelling.” Dissipline is moeilik en ons mag probeer om dit te vermy. Maar in sport en ook in…

Hantering Van Vertraging

Gedurende 2010 het wolke van as uit ’n vulkaan in Ysland uitgespuit en lughawens in die Verenigde Koninkryk en Europa is vir 5 dae gesluit. Meer as 100,000 vlugte is gekanseleer en miljoene mense dwarsoor die wêreld is daardeur getref en het lang vertragings beleef. Persone het belangrike afsprake misgeloop, besigheidstransaksies is gekanseleer en persone het baie geld verloor. Boonop…

Asem Van Die Lewe

In sy boek Life After Heart Surgery vertel David Burke van sy ondervinding en hoe naby aan die dood hy hom bevind het. Terwyl hy daar in die hospitaal gelê het, het hy ontsettende pyn beleef en moeite gevind om asem te haal. Hy het gevoel dat hy besig was om te sterwe en daarom het hy een laaste keer…

Suurdeeg Brood

Gedurende die Kaliforniese goud stormloop gedurende die midde 1800’s, het brood met suurdeeg gebak, baie populêr geword. Gedurende die 1890’s tydens die Alaska stormloop, was dit net so in aanvraag. Prospekteerders sou ’n klein porsie suurdeeg, gemeng met natuurlike gis, met hulle saamneem. Hulle kon dit gebruik wanneer hulle hul geliefkoosde suurdeegbrood wou bak. In die Bybel kan suurdeeg egter…

Let Op Die Tekens

Die pad was gelyk en ons het goeie vordering gemaak. Ons was onderweg na Jay se pa se huis in Suid Carolina. Terwyl ons oor die berge van Tennesee gery het, het ek oral ompadtekens bemerk, maar Jay het aanhou ry. Ek het aangeneem dat die tekens nie op ons van toepassing is nie. Eindelik het ons die grens van…

Die “Pennie” Sindroom

Die pennie word as een van Amerika se onbelangrikste geldeenhede beskou. Baie mense sal dit nie die moeite werd ag om ’n pennie of ’n sent op te tel as hulle dit op die grond sien lê nie. Maar daar is organisasies wat barmhartigheid doen, wat ontdek het dat pennies en sente mettertyd ’n groot bedrag kan word. Veral kinders…